CSG wen die Brakturion Liga – 12 September

Centurion het weer  Vrydagaand 12 September in Brakpan teen die Brakpan Stoeiklub om die Brakturion Liga-beker kompeteer, en met 1 wedstryd gewen. Die aand was gekenmerk deur ‘n fantastiese gees en stoei uit die boonste rakke. Die twee spanne was gelykop toe die laaste wedstryd aanbreek. Teen half-tyd was die wedstryd 12-12 gelykop en in die tweede helfte het die stoeier van CSG, Ferdi Coetzee, naelskraap gewen.

Die Brakturion Liga is ‘n inisiatief tussen die twee klubs van Noord Gauteng en Oos Gauteng wat twee keer per jaar plaasvind.