Centurion ster skitter op Jeug Olimpiese spele

Die 17-jarige Reynhardt Louw van Centurion Stoei Gimnasium (CSG) het ons land in die O/54 Kg Vrystyl stoei op die Jeug Olimpiese Spele verteenwoordig, en ‘n fantastiese 6de plek behaal. Die Jeug Olimpiese spele wat in Nanjing China plaasgevind het bring meer as 2400 van die wêreld se beste atlete tussen 16 en 18 jaar oud bymekaar.

Die O/54 Kg Vrystyl afdeling het op 27 Augustus afgeskop en die kompetisie was baie straf. Reynhardt, wat ook as Leeu bekend staan, het sy eerste wedstryd teen Ebrahim Al-Shebami van Yemen 10-4 verloor. Daarna het hy teen Elmedin Selfulau van die eertydse Yugoslawiese Republiek van Macedonië gewen deur ‘n val aan te teken. Leeu het teen die silwer medalje wenner, Dalton Fix van VSA verloor deur self gepen te word. In die uitstoei vir die 5 en 6 de plek teen Amirkhan Guvazhokov van Rusland het Reynhardt verloor om 6de te eindig. Amirkhan het vantevore die Europese Ope gewen. Mukhambet Kuatbek van Kazakhstan het in hierdie afdeling die goue medalje verower en Vaghinak Matevosyan van Armenia her die borns medalje verower.

Reynhard wat ook die Afrika kampioen is, was in sy hoek bygestaan deur ons Nasionale afrigter, Nico Coetzee. In die paviljoen het sy ma, pa en klein boetie Brendin vir die nodige ondersteuning gesorg. Hulle toer na China was gedeeltelik deur CSG se ouers geborg deurdat hulle R26 000 ingesamel het om die gesin te ondersteun om hierdie besonderse geleentheid by te woon. Baie dankie CSG ouers, julle is die beste!