Centurion wen A-liga

Centurion Stoei Gimnasium het op Saterdag 18 Oktober weereens bewys dat hulle die beste en sterkste klub in Noord Gauteng is, deur die Interklub A-Liga te wen. CSG is reeds sedert 2011 die wenners van die A-liga. CSG het in die eerste ronde 12-5 teen Menlopark gewen en in die tweede rondte wen Menlopark vir Tuks 11-6.  In die 3de rondte het Centurion 10-7 met Tuks afgereken om die A-liga oortuigend te wen. In die promosie-relegasie rondte wen Tuks vir Reitz om in die A-liga te bly.

Die Interklub liga is ‘n inisiatief van Noord Gauteng Stoei en is bekend vir ‘n ongelooflike gees en strawwe kompetisie tussen klubs. In hierdie liga kompeteer die klubs in span-verband teen mekaar en dit bring die beste uit stoeiers wat nie hul span in die steek wil laat nie.

Wel gedaan Centurion!