CSG gaan groot op Johnny Reitz Big 5

Centurion Stoei Gimnasium wen 22 Goud, 11 Silwer en 3 Brons medaljes van nie minder nie as 48 inskrywings vir die Johnny Reitz Big 5 toernooi. Die toernooi wat op 8 matte by die LC de Villiers sportterrein op Saterdag 2 Augustus plaasgevind het, is een van die grootste toernooie in SA, en word trots aangebied deur Noord Gauteng Stoei.

Dit word tans gespekuleer dat Centurion as algehele wenner van die toernooi aangewys sal word. Baie geluk aan al die stoeiers wat so pragtig presteer het.