Dertien CSG stoeiers verwerf Noord-Gauteng Kleure

Die hoogste erkenning in Vrystyl stoei vir O/9, O/10 en O/11 stoeiers is om provinsiale kleure te verdien. Stoei is bekend as een van die moeilikste sportsoorte om te bemeester en om op ’n jong ouderdom reeds provinsiale kleure te verdien, is voorwaar ’n besonderse prestasie. Kleure word slegs toegeken aan stoeiers vanaf O/9 wat in hulle ouderdom en gewig ’n eerste plek op die Provinsiale kampioenskappe (Noord-Gauteng) teen twee og meer opponente te kry, of om ’n eerste of tweede plek op die SA Streek kampioenskappe (Streek 3) te kry.

Centurion bestuur en lede wil graag ’n besondere gelukwense rig aan die 13 stoeiers wat die afgelope naweek op die SA Streek Kampioenskappe ’n goud- of silwermedalje kon wen. Ons is baie trots op julle:

0/9

LOUW BRENDIN (G)

COETZEE EWAN (G)

STEENKAMP DEWALD (S)

DE JAGER DIVAN (G)

VILJOEN DAMIAN (S)

0/10

POTGIETER JAN-HARM (S)

MULDER XANDER (G)

SHAHIA ARMAND (S)

BEUKES RUBEN (G)

VISSER NEILL (S)

VAN WYK RUBEN (G)

0/11

BODE JACQUES (G)

VAN ZYL EBEN (G)

Baie geluk aan die volgende stoeiers wat ook hul beste gegee het, maar nie in die eerste of tweede plek kon eindig nie:

ADAM JOUBERT

VAN DER MWERWE Maarten – (55.40)

CROUS WIANN

Ons wil ook graag vir die stoeiertjies wat nog nie oud genoeg is om in aanmerking vir die eer om kleure te verwerf nie, maar ook ’n eerste, tweede of derde plek op die SA Streek Kampioenskappe (Streek 3) gewen het. Baie geluk en wel gedaan aan:

O/8

COOK DONOVAN (1)

HUGO JAUN (3)

BOTHA FREDRIK (2)

VAN DER MERWE PETRUS (1)

KOOPMANS VICTOR (2)

 

Centurion Stoei Gimnasium is verseker van ’n blink toekoms met al ons jong talent wat reeds so pragtig presteer en wil veral die ouers bedank vir hulle volgehoue steun aan ons jeug-sterre.