Gedugte Centurion span na SA Streek

Een van die sterkste spanne in baie jare vanaf Centurion gaan die naweek aan die SA Streek Stoeikampioenskappe deelneem. Met 25 inskrywings vanaf 8 tot 11 jaar oud behoort Centurion ook ‘n groot impak op die toernooi te hê. Stoeiers moes kwalifiseer om aan die Streek-kampioenskappe deel te neem, deur ‘n medalje op die Noord-Gauteng kampioenskappe te verwerf. Hulle neem in die SA Streek-kampioenskappe deel teen Sentraal Gauteng en Limpopo. SA Streek goud is die hoogste individuele prestasie wat stoeiers 0/9 – 0/11 kan bereik in die jaar, en stoeiers kan Noord Gauteng Kleure verwerf deur ‘n medalje hier te verower.

Die CSG stoeiers word afgerig deur Barend Cilliers, Martin van Staden en Neels de Jager (lnr op foto). Soos wat nou reeds die gebruik by CSG is, het elkeen van die stoeiers ‘n CSG rugsak (met ‘n paar goedtjies in) ontvang. “Ons het ‘n groep talentvolle jong stoeiers wat besig is om baie mooi te ontwikkel. Hulle harde te werk en toewyding word beloon met puik prestasies, en ons verwag nog groot dinge van die groep in die toekoms.” se ‘n trotse Ben Cilliers, voorsitter van CSG.

Almal by CSG wens die volgende  stoeiers alle sukses toe:

  • Frederik Botha
  • Donovan Cook
  • Jaun Hugo
  • Victor Koopmans
  • Petrus vd Merwe
  • Brendin Louw
  • Ewan Coetzee
  • Dewald Steenkamp
  • Divan de Jager
  • Damian Viljoen
  • Hanro Bezuidenhout
  • Ruan Maritz
  • Hennie de Villiers
  • Xander Mulder
  • Jan Harm Potgieter
  • Joubert Adam
  • Armand Shahia
  • Ruben Beukes
  • Neill Visser
  • Ruben van Wyk
  • Jacques Bode
  • Franco Prins
  • Eben van Zyl
  • Wiann Crous
  • Martin vd Merwe

Die kampioenskappe vind plaas op Saterdag 6 September in die Noord Gauteng Stoeisaal.