Internasionale Uitnodiging: GR. in Utrecht

Robbie van Straaten van De Halter stoeiklub in Utrecht het vir ons die uitnodiging gestuur vir die Grieks-Romeinse Jeug-toernooi  (8 – 20 jariges) wat hulle op 19 en 20 April gaan hou. Inskrywings sluit 5 April. Ideale internasionale blootstelling vir Grieks-Romeinse spesialiste teen stoeiers van USA, België, Duitsland, Algerië, Frankryk, Oostenryk, Switzerland, Swede, Noorweë, Nederland, Poland, Czech Republiek, Rusland, Bulgarye en Hongarye.

Enige iemand wat belang stel om in te skryf,  is welkom om bestuur te kontak.