Stoei Toernooi Kalender 2015

Goeie dag Ouers / Stoeiers

Hiermee die CSG en Noord Gauteng Kalender 2015.  Ons Bestuur het probeer om die kalender gebruiks vriendelik te maak deur kleur kodes aan sekere toernooie toe te ken.  Let wel hierdie is slegs ‘n poging om die besluitneming en beplanning tov toernooie vir u te vergemaklik.  U seun vry is om aan enige toernooi (indien hy kwalifiseer tov ouderdom , vermoë ens.) deel te neem.  Ons stel voor dat u die Afrigter of n Bestuurslid raadpleeg as u nie 100 % seker is oor u seun se vermoë nie (dit is veral belangrik om seker te maak as van die beginners aan die groter toernooie wil deelneem).  Die Klub doen ‘n versoek aan alle ouers en stoeiers om soveel moontlik toernooie by te woon – hoe meer die seuns aan toernooie deelneem hoe meer ondervinding doen hulle op en hoe vinniger vorder hulle.  Neem kennis dat die SA Streek Jeug o/9 , o/10 , 0/11  en SA Junior Kampioenskappe tydens die Oktober skool vakansie in die Kaap plaasvind – die SA Presidente tydens die April vakansie en die SA G/R tydens die Julie vakansie, albei word by die Noord Gauteng Saal aangebied.  Die CSG oefenkamp word aangebied die laaste week van die Julie vakansie.  Die sosiale aande is in ligblou gemerk – dit is ‘n baie lekker geleentheid om saam te kuier en mekaar te ontmoet, veral die nuwe stoeiers / ouers.