MENLO PARK BEGINNERSTOERNOOI 13 FEBRUARIE 2015

MENLO PARK BEGINNERSTOERNOOI    

MenloPark Beginnerstoernooi Uitnodiging (Pdf)slide4

Datum: Vrydag 13 Februarie 2015
Tyd:  18h00
Plek:  Menlopark / Noord-Gauteng Stoeisaal
Ouderdom:  4 jaar tot en met 10 jaar
Drag:   Kortbroek en t-hemp (indien nie stoeiklere)
Koste:  R40.00 per stoeier Toernooi naamlys met korrekte inskrywingsgelde moet voor 18h00 Vrydag aand, per klub ingehandig word.   U klub word vriendelik uitgenooi na die beginnerstoernooi wat in bulletjie formaat gestoei sal word. Stoeiers word nie geweeg nie, maar neem deel by wyse van gewigs- en lengteplasing volgens ouderdom in spanverband.  Spanne word saamgestel voor die aanvang van die toernooi om ten minste TWEE wedstryde vir elke stoeier te verseker. Elke stoeier sal na afloop van die toemooi ’n DEELNEMERSMEDALJE  ontvang.
Ons vertrou dat die verrigtinge teen ongeveer 21h00 afgehandel sal wees.  Kontak my gerus indien u enige navrae het.  Vriendelike groete  FRANK JOUBERT  Sel: 082 2597364