NGS Bulletjie-Stoeitoernooie

Bulletjies-toernooie is Noord Gauteng se inisiatief om beginner-stoeiers blootstelling te gee aan hul eerste toernooie.  Die doel is om jong stoeiers die geleentheid te gee om om ondervinding te kry, toe te pas wat hulle geleer het, en nie noodwendig om te wen nie. Die klem is op deelname en die lekker pret van stoei, en die reels is dienooreenkomstig aangepas.

Hiermee die datums en reëlings vir die NGS Bulletjie-Stoeitoernooie van 2014 by die NGS saal. Die toernooi-aanbieding is volgens die Bulletjie stoeireëlings wat normaalweg geld.

 

  1. DATUMS

Vrydag 16 Mei 2014

Vrydag 13 Junie 2014

Vrydag 15 Augustus 2014

  1. TYD

17h45 vir 18h00.  Spanindeling word om 18h00 gedoen.  Toernooi duur normaalweg  twee en half uur.

3.   DEELNAME

Geen stoeier met provinsiale kleure word toegelaat nie, klubs word hier vertrou. Deelname is in ouderdom. Deelnemers word in spanne ingedeel met die aanvang van die toernooi.

4.   INSKRYWINGS GELDE

R40 per deelnemer, betaalbaar met registrasie by die toernooi.  Dit is net effens aangepas omdat elke stoeier `n goue medalje sal ontvang met die bulletjie wapen op. Die aangehegte registrasie vorm moet gebruik word om die stoeiers in te skryf.  Laat weet asb so by Donderdag voor elke toernooi van die getalle wat kom ter wille van die kombuis en aantal medaljes.

5.   DRAG  

Minimum vereiste:

  • Klere: Normale stoeidrag of met ‘n sportbroek en ‘n styfpassende T-hemp
  • Skoene: Sportskoen sonder staalgespes
  • ‘n Rooi of blou band om die been word gedra vir kleur-identifikasie

6.   STOEI REëLS

  • Volgens die NGS Bulletjie reëls
  • Spanne word saamgestel tydens die toernooi

7.   BEAMPTES

Een provinsiaal of hoër gekwalifiseerde beampte per klub met 1 ouer hulp vir elke vyftien deelnemers. Klubs moet hulp beamptes (ouers) vooraf touwys maak ten opsigte van die Bulletjie stoeireëls.

8.   AFRIGTERS

Een geaffilieërde afrigter / spanbestuurder per klub met 1 hulp afrigter (ouer) as hulp vir elke 8 deelnemers.

9.   LOTING

Geen loting word gedoen nie, en deelnemers word bloot in groepies van dieselfde ouderdom en grootte ingedeel.  Deelname  word op die mat gereël om ongeveer 3 wedstryde vir elke deelnemer te verseker.

10.   INWEEG

Geen inweeg vind plaas nie.

11.   INSKRYWING EN REGISTRASIE

  • Klubs bevestig deelname aan Fanie Vermaak  of Martie Savrda teen Donderdag (voor die toernooi).
  • Naamlyste met die korrekte inskrywingsgelde word voor 18h00 ingehandig.
  • Klubs se samewerking word versoek om die sukses van die toernooireëlings te verseker.  Die volgende moet spesifiek op gelet word:
  • Dat ‘n spanbestuurder, afrigter en beamptes teenwoordig is. (Gebruik hierdie geleentheid tot voordeel van u klub om ouers te betrek vir leerlingbeamptes an ander funksies).
  • Dat ouerhulp vir afrigters en beamptes vooraf aangewys word en opleiding ontvang tov die Bulletjiereëls.  (Afskrif van die reels is aangeheg)