Ouers gevra om te help

Centurion is een van die grootste klubs in die land en is bevoorreg om die beste ouers in die land te hê. Ons wil die ouers vra om by die sport betrokke te raak as beamptes (admin, medies en skeidsregters) en ‘n bydra te maak. As klub onderneem ons om die opleiding te fasiliteer.

Kontak gerus vir Caren vir meer inligting.