Provinsiale Kleure vir 12 CSG Stoeiers

‘n Volle dosyn van Centurion se jong stoeiers het hul provinsiale kleure verwerf deur ‘n Goue medalje op die Noord Gauteng Kampioenskappe te verower teen minstens 2 teestanders, of aan ander kriteria te voldoen. Geluk aan:

  • Mika Lehmkuhl (Wit Skild – Jeug)
  • Herkie Coetzee (Wit Skild – Jeug)
  • Brendin Louw (Vlootblou Skild – O/9)
  • Ewan Coetzee (Vlootblou Skild – O/9)
  • Divan de Jager (Vlootblou Skild- O/9)
  • Jan-Harm Potgieter (Vlootblou Skild – O/10)
  • Armand Shahia (Vlootblou Skild – O/10)
  • Neill Visser (Vlootblou Skild – O/10)
  • Jacques Bode (Vlootblou Skild – O/11)
  • Eben van Zyl (Vlootblou Skild – O/11)
  • Reynhardt Louw (Ligblou Skild – Kadet Internasionaal)
  • Franco Nel (Wit Skild – Junior)

Hiermee die uitslae vir die Noord Gauteng Kampioenskappe:

CSG het met 0/9-0/15 & Juniors:

  • 15 Goud
  • 7 Silver
  • 4 Brons

21 medaljes uit 37 deelnemers waar meeste van ons stoeiers teen ten minste 1 van ons eie klub moes stoei.

o/8’s (5 inskrywings):

  • 23-24kg: Goud; Silver; Brons
  • 31kg: Goud; Silver

Dit is voorwaar ‘n baie goeie resultaat en ons seuns het baie mooi gestoei! Ons is baie trots op julle.