Reinhardt Louw op pad na Kadette Afrika Kampioenskappe

Reinhardt LouwOns is almal baie trots op Reinhardt Louw wat gekwalifiseer het om aan die Kadette Afrika Kampioenskappe in Alexandrië (Egipte) te gaan deelneem van 16 tot 21 Mei 2021. Reinhardt het ’n kans om gekies te word om aan vanjaar se Jeug Olimpiese Spele te gaan deelneem en ons wens hom geluk, ‘n beseringsvrye voorbereiding en baie sterkte toe.