Reunion toer in Desember 2014

CSG se stoeiers is uitgenooi deur die stoei-gemeenskap op die eiland van Reunion, vir hulle stoei-week van 8 tot 15 Desember 2014:

1.   Deelname aan hulle 12de Kersfees Stoeitoernooi op 13 Desember 2014

2.   Skole-stoei uitruil week 8 tot 14 Desember 2014 (wat die toernooi hierbo insluit)

Aangesien dit ‘n buitengewone bestemming is en die koste, vlugte en logistiek bespreek en gereël moet word, wil ons eers die belangstelling toets, voordat ons sal voortgaan om die toer formeel te beplan en die nodige goedkeuring te verkry. Vlugkaartjies alleen kos tussen R7200 en R8000.  Hulle is bereid om ons stoeiers vir die tydperk in “pleegsorg” by hulle aan’t huis te versorg, daagliks te laat oefen, aan skole-stoei en ‘n “inter-klub” kompetisie te laat deelneem, op kulturele, pret en opvoedkundige uitstappies te neem en daar sal geen koste hiervoor wees nie. 

Belangstellendes kan gerus vir Mike (0726202766) of Ben (0824607256) kontak.