Reynhardt Louw 13de op Wereldkampioenskappe

Reynhardt Louw die kadette O/54 Vrystyl stoeier van Centurion het Suid-Afrika op die Kadette Wêreld stoei-kampioenskappe in Snina in Slowakye verteenwoordig. Reynhardt het in sy eerste wedstryd teen die KGZ stoeier Beksultan Nurmambet met 12-8 verloor en in die 13de plek geëindig.  Beksultan het later teen die stoeier van Armenië Niam Mikyay verloor en Reynhardt het nie in die repêchage ronde gestoei nie. Andriy Yatsenko  van Ukraine het die goue medalje verower en Vladim Bikoev van Rusland silwer.