Superbru: Centurion Stoei Fonds

Nagenoeg 25 ouers en stoeiers het elk R250 bewillig om by CSG se Superbru groepie aan te sluit. Daar word weekliks voorspel watter Super 15 spanne gaan wen. Die geld ingesamel is ten bate van ons stoeiers wat oorsee gaan toer in 2014. Ons huidige Superbru voorloper is Tania van Zyl.