Terugvoer oor Toernooie

Maart was ‘n baie besige toernooi maand en ons het deelgeneem aan 5 toernooie nl. Kosie Reitz Presidente Ope, Nico Visser Fees Toernooi, SASF Proewe vir Kadet en Juniors, TUKS Challenge en ons eie CSG Rooi en Blou Toernooi.

1 Maart – Kosie Reitz Presidente – CSG het 20 inskrywings gehad en 6 Goud, 9 Silver en 3 Brons gewen. Van ons 0/9 seuns het teen 0/11’s gestoei en hulle baie goed van hul taak gekwyt.

7 Maart – Nico Visser Fees Toernooi (0/9-0/11) – CSG het 16 inskrywings gehad en 6 Goud, 3 Silver en 4 Brons gewen. In die een gewig groep by die 0/10’s het ons 4 van die 5 stoeiers gehad en Goud, Silver, Brons en 4de plek verwerf.

8 Maart – SASF Proewe  – CSG het 5 stoeiers gehad wat gekwalifiseer het om deel te neem en 2 stoeiers het 1ste plek verower om in die SA span te verteenwoordig wat na die Afrika Kampioenskappe gaan. Baie geluk aan Reynhardt Louw en Brandon Kidson!

 

15 Maart – TUKS Challenge – Die toernooi is een van die grootstes in SA, wat beteken soveel meer kompitisie van verskeie provinsies. CSG het 53 inskrywings gehad en 23 Goud, 12 Silver en 7 Brons verwerf.

28 Maart – CSG Rooi & Blou Toernooi – Die toernooi is vir al ons 5uur groep stoeiers en ons het 46 inskrywings gehad. Die stoeiers het elkeen ten minste 3 keer gestoei en ‘n medalje verwerf. Baie dankie vir die ondersteuning, ons maak volgende kwartaal weer so!