TUKS Challenge 15 Maart

Baie geluk en baie dankie (weereens) aan CSG wat met 52 inskrywings, ‘n indrukwekkende vertoning gelewer het by die afgelope TUKS Challenge. CSG is werklik die “Tuiste van Kampioene”.  TUKS het die toernooi gewen. In die LTPD afdeling het CSG:

  • 12 goue medaljes (eerste plekke)
  • 6 tweede plekke
  • 5 derde plekke en
  • 1 vierde plek
  • 1 vyfde plek verower.

In die 11-jaar en ouer  afdeling het CSG:

  • 11 Goue
  • 6 Silwer
  • 2 Brons en
  • 2 Vierde plekke behaal

 Gesamentlik is dit dan 46 plasings:

  • 23 Eerste plekke
  • 12 Tweede
  • 7  Derde
  • 3 vierde en
  • 1 vyfde plek

Dit is werklik ‘n puik prestasie en iets waarop ons baie trots kan wees.  Baie dankie aan die ouers wat so ‘n puik ondersteunende rol speel, ons afrigters wat die jong mannetjies so mooi voorberei en almal wat help om die dag goed te laat afloop. 

Welgedaan CSG en dankie TUKS vir ‘n puik toernooi.